Lobatse (Botswana)
3 oktober2009

FEI Samsung Lobatse ride

Team Namibia behaald groot succes!!
en een 1ste plek!

Petrus (team Katjapia) behaald de 3de plek op 120km

 info sheet             Foto's      results

Ruiters

Petrus Murondo
met Blade
120 km 3de plek

Team Namibia
1ste plek bij de landen teams
Petrus

Groom
AB van Wyk

Petrus

Izolde von Schauroth
Kalahari Klub
Edl Agbahr Sebastian

Shanie Bosch
Okanjande Klub
Armin's El Shaka

Sarina Bosch
Okanjande Klub
Hurst Raka

Kabous Rossouw
Tsumeb Klub
Hurst Vlek

Marilize Ackerman
Tsumeb Klub
Armin's El Sham

Jolaine Bindeman
Kalahari Klub
Jamaal

Petrus Muronde
WHK Klub
Blade

Kabous Grunschloss (Reserwe)
Tsumeb Klub
Sharak

 


Daphne verkent het terrein in Walvis

Op Saterdag 3 Oktober 2009 was dit weereens die Lobatse rit. Soos ooreengekom tussen die Rade van ERASA, BERA en NERA sou al drie lande Ontwikkelingspanne stuur vir Junior & Jong Ruiters en Senior Standaard Gewig Kompetisie en nie Ampteliek Nasionale spanne nie. SA en Botswana het dan ook vir beide Kompetisies

Ontwikkelingspanne gehad, maar Namibie kon egter net 'n Senior Standaardgewig span stuur weeens 'n gebrek aan ruiters.Dit was werklik 'n baie aangename en lekker Komptisie wat almal baie geniet het. Ek het vir Botswana geluk gewens namens NERA met 'n baie puik- en goed georganiseerde rit. Die etes was heerlik en Botswana het daarin geslaag om 'n baie lekker rit van hoogstaande gehalte aan te bied.

Ek wil werklik 'n beroep op ons ruiters maak om die Lobatse 2010 in te sluit en daarvoor te beplan sodat ons volgende  jaar spanne vir beide komptisies te kan inskryf. lDie Lobatse rit se datum vir volgende jaar op 2 Oktober 2010.Die weer het wonderlik saam gespeel en dit was die koudste Lobaste wat ek nog ooit ervaar het en ek die laaset 8 jaar al die Lobatse ritte bygewoon behalwe 2007.Dit was heerlik koel die hele dag met 'n koel wind wat heeldag gweaai het. Die aand na die rit het dit ook heerlik gereen en alles was sopnat. Namibie het dan 8 ruiters ingeskryf vir die Senior Standaard gewig span en een individuele inskrywing in die 120 Km Swaargewig kompetisie.Ons mag maar reg trots wees op ons ruiters, hulle het pragtig gery en die Senior Standaardgewig Kompetise ook gewen.

Ons ruiters was ware amabasadeurs vir Nambie, op en af van die baan af. Hulle het altyd netjies gelyk met hul rooi Ontwikkelingsdrag en hul gedrag was onberispelik. Ek het baie komplimente ontvang vanaf beide beamptes en buitealnders oor ons ruiters, hul optrede teenoor beamptes, hul mooi maniere ens.SA het die junior kompetisie gewen.Die individuele wenner van die Seniors was Wiehan van der Merwe op Vlam in 'n tyd van 6:17Die Namibiese span het bestaan uit die volgende 8 ruiters en hul plek toekkenings was as volg;
    
    4.Pertus Muronde op Blade
    I5. zolde Von scharoth op Sebastian
    7. Kabous Rossouw op Hurst Vlek
    12. Sarina Bosch op Hurst Raka
    15. Shanie Bosch op Hildalgo
    16. Jolaine Bindeman op Armin's Al Sham
    17. Marizel Ackerman op Armin's Al Shaka
   
Sune Fourie op Hurts Raket was baie ongelukkig en het die 120 Km voltooi en op die heel laaset veearts ondersoek uitgeval met 'n mankheid. Sy het baie goed gery en het net na Izolde ingekom.
Baie geluk dan ook aan Petrus, van AB, op Blade wat oons eerste Namibiese ruiter was.Die drie NERA Raadslede op die terrein was ;
    Joggie Jansen, Span Bestuurder
    Jan Fourie
    Kallie Grunschloss
Baie geluk en ook 'n groot dank aan Joggie ons Spanbestuurder wat werklik baie mooi na ons span gekyk het en hulle baie goed georganiseer en voorberei het.Vind aangeheg die volledige uitslae .Groete
Kallie